Gemeenskap van Nuwe Testamentiese Kerke

Image

Die Gemeenskap van Nuwe Testamentiese Kerke/Bedieninge is ‘n sambreel-organisasie waaronder ‘n nuwe geslag Nuwe Testamentiese gemeentes hande vat en netwerk as deel van die Een Liggaam van Jesus Christus sonder om weer met die term “kerk” of “bediening” hierdie Een Liggaam te verskeur of te verdeel.

Jesus het immers ons geleer dat Sy Liggaam Een is en dat Hy alleen die Hoof en Koning daarvan is. Elke gelowige wat dus Jesus Christus bely as gekruisigde en Opgestane Verlosser en Here, behoort aan die Een Liggaam van Jesus. Ons behoort wel elkeen as plaaslike en lokale familie gelowiges waar ons naby-familie van mekaar probeer wees soos Jesus ons geleer het in Sy Woord. Maar dit hoef en mag nooit ons onderlinge verbondenheid aan die groter familie van Jesus, die Kerk van Jesus Christus, ongedaan maak nie.,

In ‘n verskeurde kerklike gemeenskap met bykans 30 000 verskillende “kerke en denominasies” regoor Suidelike Afrika, het die praktyk en verstaan van die woord “kerk” of selfs “bediening” hierdie Eenheid in die Kerk van Jesus geïgnoreer en genegeer.

Daarom verstaan ons vanuit die Gemeenskap van Nuwe Testamentiese Kerke/Bedieninge/Gemeentes eerder die woord “kerk” of “bediening” of “gemeente” in die sin wat die Griekse woord Ekklesia dit gebruik in die Nuwe Testament.

In die Nuwe Testament word die woord “ekklesia” gebruik om 5 verskillende vorms van saamwees van gelowiges in die Liggaam van Jesus Christus aan te dui, naamlik:

Waar groepe van twee of drie gelowiges saam is (soos in Mat. 18:20, kyk ook vers 17 in die verband)

Waar ‘n groepie gelowiges in ‘n huis bymekaar gekom het (Rom. 16:5)

Waar gelowiges uit verskillende huis-gemeentes/ekklesia in ‘n bepaalde dorp of stad saam bymekaar kom (Rom. 16:1 en 1 Kor. 1:2)

Waar gelowige uit verskillende huis-ekklesia uit ’n bepaalde area saam bymekaar kom (Op. 1:4)

En waar dit gebruik word as ‘n uitdrukking van die universele Liggaam van Jesus Christus (Heb. 12:22,23)

As Sambreel-organisasie is die GEMEENSKAP VAN NUWE TESTAMENTIESE KERKE  verder ook ’n kerkregtelike liggaam waarmee van hierdie gemeentes of bedienings met die Staat of Owerheid kommunikeer en leiers van hierdie gemeentes of bedieninge ook hulle huweliksbevestiger-status kan verkry en behou indien hulle nie reeds onder hulle eie konstitusies verkry het nie.

Indien meer inligting oor die netwerk verlang, kontak ons gerus via e-pos by nchristo@lantic.net 

Image

Ons waardes

Leierskap: Binne die GEMEENSKAP VAN NUWE TESTAMENTIESE KERKE verstaan ons die term leierskap in die sien van “servant leader” waar ons glo, in die sin van Ef. 4:11 tot 16, Jesus Christus, as die Hoof van Sy Liggaam, leiers bonatuurlik toerus as apostels, profete, herders, leraars en evangeliste, wie se uitsluitlike taak is om via hulle bediening in die verskillende dele van die Liggaam God se mense toe te rus en te bedien met die bonatuurlike gawes waarmee Hy hulle bonatuurlik toegerus het.

Onder die sambreel van die GEMEENSKAP VAN NUWE TESTAMENTIESE KERKE vat hierdie leiers hande en staan in mekaar se diens, sonder dat die een op enige manier wil baasspeel oor die ander. Enige amptelike rol in hierdie Gemeenskap is bloot ‘n diens aan die ander leiers in die netwerk.

 

Diens in Jesus se Naam

Diens in Jesus se Naam: Hieronder vind jy ‘n oorsig van die verskillende dienste en oplossings wat die sambreel-organisasie, GEMEENSKAP VAN NUWE TESTAMENTIESE KERKE, aan sy lede en ander belanghebbendes verskaf.

As jy enige ander vraag of behoefte in die verband het, moenie huiwer om ons via enige van ons kontakbesonderhede te nader nie.

Belangstellende gemeentes/bedieninge/leiers uit enige gedeelte van die Liggaam van Jesus Christus wat graag ook wil inskakel as deel van die Netwerk

Indien die situasie dit vereis, kan die GEMEENSKAP VAN NUWE TESTAMENTIESE KERKE ‘n amptelike spreekbuis wees om namens hierdie gemeentes en bedieninge ‘n profetiese stem te wees wat namens hulle lede bely wat ons oortuig is Jesus Christus, ons Here en Meester se wil en woord vir ‘n tyd soos hierdie is.

Christelike leiers wat beantwoord aan die opleiding- en aanstellings vereistes van hulle onderskeie gemeentes/bedienings, wat wil aansoek doen om as huweliksbevestigers namens die staat aangestel te word, kan via die Netwerk daarvoor aansoek doen.