Oor ons

Die GEMEENSKAP VAN NUWE TESTAMENTIESE KERKE is ‘n sambreelorganisasie waaronder ‘n nuwe geslag Nuwe Testamentiese gemeentes of bedieninge hande vat en netwerk as deel van die Een Liggaam van Jesus Christus sonder om weer met die term “kerk” of “bediening” hierdie Een Liggaam te verskeur of te verdeel.

Ons geskiedenis

Hierdie netwerk of sambreelorganisasie het reeds in die 1980’s amptelike status gekry asook erkenning deur die Departement van Binnelandse Sake waaronder leraars as huweliksbevestigers aangestel kan word deur die staat.

Dr. Jan Botha was tot sy dood verlede jaar die segsman van die netwerk en sedertdien is dr. Christo Nel die voorsitter en kontakpersoon van die netwerk.

Dr. Dewet Brits was die ondervoorsitter tot en met sy skielike dood in Oktober 2015. Magda Brits is intussen aangewys as ondervooristter.